Gesigmaskers of Solied Mode-bykomsighede

Gesigmaskers of Solied Mode-bykomsighede

Die dra van ‘n gesigmasker nie net beskermend nie, dis ook ‘n mode-bykomsigheid. As jy dan nou maskers moet dra kan jy dit net so wel mode bykomstighede maak! Verskillende maskers wat pas by verskillende uitrustings – dis nou die in ding. Nog beter as die masker gerieflik pas en mooi op jou gesig lyk sonder om jou ore te misvorm.

Die eerste Solied gesigmasker is juis gemaak nadat ek ‘n paar gekoop het wat net eenvoudig nie lekker of mooi gesit het nie, my vel gekrap het , my bakore gegee het en my laat voel het ek gaan versmoor. Nee aarde erens moes daar ‘n beter plan wees het want so ongemaklik kan die verpligte masker storie nou nie wees nie.

Solied Gesigmaskers word gemaak van 100% Katoen of PolyCotton materiaal buite en binne met ‘n ekstra filter van Spun Bond in die middel, dus 3 lae vir ekstra beskerming. Die beskermende gesig maskers van Solied word dan ook nie met rek vasgemaak nie maar met ‘n dun 100% katoen wol en skuifknoop wat maklik verstelbaar is. Sit jou masker op en stel reg vir ‘n perfekte pas. Haal af – sit op – herhaal. Die maskers is wasbaar en kan oor en oor gebruik word. Die standaard Solied Gesigmaskers pas perfek op ‘n groot en sterk man, fyn dame, tieners en tot op ‘n 9 jarige dogterjie!

Solied Gesigmaskers is beskikbaar teen R35 elk. Bestel 10 of meer en betaal slegs R30 elk. Aflewing in George is gratis vir 2 of meer maskers. Solied Gesigmaskers kan landswyd versprei word teen R99 ektra. Of jy nou in die Tuinroete, Weskaap, Weskus, Gauteng, Natal or enige ander plek in Suid Afrika is ons stuur jou bestelling tot by jou deur!

Gaan loer gerus onder “All Products” op die Solied aanlynwinkel na die verskillende opsies en plaas jou bestelling of kontak Solied direk via e-pos, Whatsapp of telefonies.

 

Open chat
1
Can We Assist You
Hello, how can we be of assistance.