Super Trots op die Solied Gesigmaskers

Solied is Super Trots

Erkenning is ‘n wonderlike ding! Dit gee jou sommer ‘n huppel in jou stap, laat jou daai daai ekstra myl met ‘n groot glimlag loop en maak jou ook opnuut trots in wat jy doen! Sommer super trots!

Nou moet ek eers bietjie spog met die erkenning wat ek vandag gekry het! ‘n Solied klient wat ‘n gesigmaker by my gekoop het het vir my ‘n boodskap gestuur wat my groot laat glimlag het en ‘n traan van trots in die oog gegee het! Baie dankie aan die dame, jy het my dag gemaak!

Ons moet deesdae almal gesigmaskers dra vir ons eie en ander se gesondheid. Dis nie nodig om jou kop in die sand te steek omdat jy “snaaks” lyk met ‘n masker wat nie reg pas nie! Kry vir jou ook ‘n verstelbare Solied Gesigmasker. Die maskers word van 3 lae materiaal gemaak met ‘n verstelbare 100% katoen koord wat gemaklik om die ore pas. Die maskers pas mooi op jou gesig vir maksimum beskerming en gerief.

Kontak my direk of bestel jou gesigmasker van ons aanlyn winkel. Solied is in George maar aflewering word regoor Suid Afrika gedoen!

Wilma 082 449 6186
wilma@soliedsa.co.za
https://soliedsa.co.za/shop

 

 

Open chat
1
Can We Assist You
Hello, how can we be of assistance.